Sport

Verre Oos-Rand Hengelklub vaar goed tydens maandkompetisie

Daar was dames wenners, mans wenners en meesters wenners aangekondig.

Die Verre Oos-Rand Hengelklub het op 14 Junie, hul maandelikse hengelkompetisie by Goeie Hoop, Vaaldam, gehou.

Dertien hengelaars het altesaam 17 vis met ‘n gesamentlike gewig van 33.15 kg gevang.

In die damesafdeling het Mona Muller eerste geëindig met twee vis wat saam 3.1kg geweeg het. Susan Zowitsky was tweede met een vis van 1.05kg, en Karina Bekker derde met een vis van 0.45kg.

In die mansafdeling het Pieter Claasen die eerste plek behaal met vier vis vir 7.7kg. Gert Muller was tweede met twee vis van 6.55kg, gevolg deur Eddie Massyn in die derde plek met twee vis van 4.65kg.

Pieter Claasen was eerste onder die mans met vier vis vir 7.7kg.

By die meesters het Gert van Niekerk eerste geëindig met twee vis van 2.9 kg, en Mike van Dyk was tweede met twee vis wat 2.75 kg geweeg het.

Die volgende kompetisie vind op 12 Julie by Boschkop plaas, en besoekers is welkom.

Vir meer inligting of om by die klub aan te sluit, kontak Kobus van Zyl by 082 411 2669 of Pieta Bekker by 062 789 2808.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button