Sport
Volkskool rugbyspanne vaar goed in wedstryde teen Die Anker
Die Noord-Vaal Liga sal na die skool vakansie hervat word.
Die Hoër Volkskool het op 14 Junie teen Hoërskool Die Anker te staan gekom in die Noord-Vaal Skild Liga.
Die wedstryde was op Die Anker se velde gespeel.

Die uitslae is as volg:
o14A: Volkskool 45 – Die Anker 7; o14B: Volkskool 37 – Die Anker 0.
o15A: Volkskool 24 – Die Anker 12; o15B: Volkskool 31 – Die Anker 22.
o16A: Volkskool 22 – Die Anker 22; o16B: Volkskool 12 – Die Anker 38.
Eerste span: Volkskool 36 – Die Anker 55; tweede span: Volkskool 33 – Die Anker 5; eerste span: Volkskool 19 – Die Anker 10.

Die volgende Noord-Vaal wedstryde sal na die skoolvakansie hervat word waar Volkskool op 26 Julie teen Pietersburg op Pietersburg se velde in aksie sal wees.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



