Heidelberg triomfeer met eenpunt oorwinnings in Sasolburg
Heidelberg Heidelberg Rugbyklub het Saterdag twee knap oorwinnings in Sasolburg behaal toe beide hul spanne die Sasol Kobras met ’n enkele punt troef.
Heidelberg Rugbyklub het Saterdag na Sasolburg gereis vir hul wedstryd in die Valke Merlin-Beker.
Die wedstryde is op die DP de Villiers Stadion gespeel.
Heidelberg se eerste- en tweede span het elk met ’n eenpunt oorwinning oor die Sasol Kobras huiswaarts gekeer: die eerstes met 23-22 en die tweedes met 22-21.

In die hoofwedstryd het albei spanne alles gegee, en die mededinging was sterk.
Die eerste punte van die wedstryd is deur die Kobras op die telbord geplaas.
Heidelberg het met goeie bewegings in die wedstryd gekom en met volgehoue druk op Sasol se doellyn gesorg dat hulle mededingend bly. Die spanne het om die beurt voorgeloop.

Teen die einde moes Heidelberg hul voorsprong ten alle koste beskerm toe Sasol gepoog het om die oorwinning te behaal.
Doelgerigte verdediging het egter gesorg dat Heidelberg dat Heidelberg die oorwinning kon beklink.
Heidelberg se punte is aangeteken deur drieë: Morne Viljoen, JJ Mienie, doelskoppe: Francois Vorster (2) en strafdoele: 3 (name nie vermeld nie)

Berge se tweede span het Sasol se tweedes met 22-21 getroef.
Sasol het verskeie aanvalle op die Heidelberg-doellyn gemaak, maar rotsvaste verdediging aan die einde het verseker dat Heidelberg seëvier.
Die tweede span se punte is aangeteken deur drieë: Xolani Zulu, Frik de Beer, Andy Huysamen, doelskoppe: Xolani Zulu, Andy Huysamen en strafdoel: Andy Huysamen.




