Sport

Terug na die tekenbord vir Nigel na verloor teen Vereenging

Teen halftyd was Vereeniging reeds gemaklik voor met 40 -3.

Nigel Rugbyklub het in die laaste stuiptrekkings van die eerste ronde in die Valke Peregrine Liga teen Vereeniging Rugbyklub te staan gekom.

Die wedstryd is op die John Vorster Stadion in Nigel gespeel en Vereeniging het gemaklik met 73-17 gewen.

Die intensiteit wat Vereeniging na die wedstryd gebring het, was te veel vir Nigel, wat van meet af gesukkel het.

Nigel se aanval word gestuit.

Die spoed en flinke bewegings was duidelik goed ingeoefen in Vereeniging se span, en al wat Nigel kon doen, was om die gate toe te maak.

Die eerste drie vir Vereeniging was binne die eerste twee minute gedruk.

In dieselfde tydgleuf het Nigel ’n strafdoel suksesvol oorgesit.

Handerik Deyzel kry die bal by ‘n skrum.

Die besoekers het nog vier drieë in dié helfte aangeteken.

Die halftydtelling was Nigel 3 – Vereeniging 40.

In die tweede helfte het Nigel eerste punte aangeteken deur middel van ‘n strafdoel.

Nigel in ‘n aanval teen Vereeniging.

Vereeniging het daarna vier drieë gedruk voordat Nigel weer punte kon aanteken, insluitend ’n drie en twee strafdoele.

Vereeniging het die laaste punte in die wedstryd aangeteken, wat uit ’n drie en ’n doelskop bestaan het.

Lwazi Jamani is besig met ‘n stormloop.

Nigel het deurentyd probeer om positief te speel. Hulle het verskeie aanvalgeleenthede gehad, maar basiese foute, hanteerfoute, ’n gebrek aan fiksheid, en die gesukkel om by tye die verdediging oop te vlek, het daartoe gelei dat hulle nie mededingend was nie.

Vereeniging was ook baie vinnig om verdediging in aanvalgeleenthede te omskep.

Nigel is op die aanval.

Nigel het een drie en vier strafdoele in punte omskep, terwyl Vereeniging 11 drieë en nege suksesvolle doelskoppe aangeteken het.

Nigel tweedes het op hulle beurt 43(24) – 3(0) teen Vereeniging se tweede span verloor.

Vereeniging het sewe drieë gedruk en vier suksesvolle doelskoppe aangeteken, teenoor Nigel se enkele strafdoel.

Nigel en Vereeniging eerste rugbyspanne sak in ‘n skrum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button