Heidelberg Rugbyklub durf liga-voorlopers Meyerton aan
Die eerste ronde van die Merlin-liga is op sy einde.
Die Heidelberg Rugbyklub is gereed om vandag (Saterdag) die voorlopers in die Valke se Merlin-liga, Meyerton Rugbyklub, aan te durf.
Die wedstryd is die laaste in die eerste ronde van die liga en vind op Meyerton se velde plaas.
Die tweede span draf om 14:40 op die veld, en die eerste span se wedstryd skop om 16:00 af.

Heidelberg Rugbyklub het volgende naweek (5 Julie) ’n ruskans om voor te berei vir die tweede ronde van die liga, wat soos volg lyk:
• 12 Julie: teen Elsburg (weg)
• 19 Julie: teen Boksburg (weg)
• 26 Julie: teen VUT (tuis)
• 2 Augustus: teen Kempton Wolwe (weg)
• 9 Augustus: teen ERU (weg)
• 16 Augustus: teen Sasol Kobras (tuis)
• 23 Augustus: teen Meyerton (tuis)




