Sport

Merlin Liga se top span staan vas voor Berge

Die spanne in die Merlin liga het die naweek ‘n week af voordat die tweede ronde op 12 Julie weer afskop.

Heidelberg en Meyerton rugbyklubs het op 28 Junie in die eerste ronde van die Valke Merlin Liga teen mekaar te staan gekom.

Die wedstryd is op die Meyerton tuisveld gespeel, waar die gasheerklub se eerstes met ’n telling van 47-24 geseëvier het.

In die eerste helfte het die Berge hul konsentrasie baie verslap, wat veroorsaak het dat hulle net nie in die wedstryd kon kom nie.

Meyerton stuit ‘n Berge aanval.

Halftyd was die skrif reeds teen die muur met Meyerton wat al 33-10 voor was.

Teen halftyd het Heidelberg punte aangeteken met ’n strafdoel, ’n drie en ’n doelskop.

In die tweede helfte het Berge-spelers meer in die wedstryd gekom en nie toegelaat dat Meyerton verder oor hulle hardloop nie.

Beide spanne het 14 punte in die tweede helfte aangeteken.

Dylan Coetzee harloop met die bal.

Heidelberg punte was aangeteken deur drieë: JJ Theron, Nantus Mouton en Damien Grace, doelskoppe: Francois Vorster (3) en strafdoel: Francois Vorster.

Berge se tweede span het met 24-3 die aftog geblaas teen Meyerton tweedes.

Die punte verskil weerspieël egter nie die volle verhaal van die wedstryd nie.

Vir die grootste gedeelte van die wedstryd was die tweede span nog in die prentjie, maar Meyerton het in die laaste deel die knoop deurgehaak met twee vinnige drieë.

Die spanne in die Merlin Liga het hierdie naweek ‘n week af voordat die tweede ronde op 12 Julie weer afskop.
Heidelberg sal Elsburg Rugbyklub op Volkskool se veld verwelkom.

Heidelberg op die aanval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button