Sport

Bergies vaar goed in eerste wedstryde

Die Heidelberg Rugbyklub het ’n belangrike mylpaal bereik toe hul nuwe jeugspanne op 5 Julie hul eerste wedstryde gespeel het.

Die Heidelberg Rugbyklub brei uit met ’n opwindende nuwe toevoeging, naamlik jeugspanne.

Die Heidelberg Jeug Rugbyklub het op Saterdag, 5 Julie, hul eerste wedstryde gespeel.

Die Bergies se o7- en o12-spanne was die eerstes om hul staal te wys en het met groot geesdrif die veld betree.

Die o7 span het twee wedstryde gespeel waar hulle ‘n wen en verloor agter die blad het. Die span het Benoni met 60 – 10 gewen maar teen Springs vasgeval met 35-25.

Die o12 span het vir Boksburg met 21-0 gewen.

Heidelberg se o12 span sprin in ;n lynstaan.

Die punte van die o12’s is as volg aangeteken:

Drieë: Thando Bongane, Phillip Swanepoel en Reghardt Rautenbach.

Doelskoppe: Eddie Oosthuizen (3).

Die klub is tans op soek na meer junior spelers (o6 tot o13) om aan te sluit.

Die juniors oefen elke Maandag en Woensdag van 17:30 – 18:30

Vir meer inligting kontak vir Christo de Wet by 082 483 1763 of Nico Rautenbach 072 117 9998.

Heidelberg se o12 Jeugklub rugbyspan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button