Sport

Ability Academy MMA vegter behou sy titel

Ferreira doen genoeg om sy titel te behou.

Sebastian Ferreira het sy liggewig-titel op die spel geplaas teen TJ Esterhuizen.

Die geveg, wat die volle vyf rondes geduur het, was deel van die Versus MMA Fight Night 14: Moer-’n-Boer-toernooi in die Heartfelt Arena in Pretoria.

Sebastian Ferreira word as wenner aangekondig.

Ferreira is as wenner aangewys. Hy het op twee telkaarte die geveg gewen en Esterhuizen op een telkaart.

Die twee vegters het in die verlede ook teen mekaar geveg en daar het Ferreira ook as wenner weggestap.

Ferreira is deel van Ability Academy in Heidelberg waar Stefan Pretorius sy afrigter is.

TJ Esterhuizen keer tydens sy geveg met Sebastian Ferreira.

Hy is is al sedert hy agt jaar oud was deel van die gimnasium en oefen elke dag onder die wakende oog van Pretorius.

Nog ‘n MMA vegter van Ability Academy, Ruan Black het in die toernooi geveg. Sy teenstander was Johnny Esterhuizen, broer van TJ Esterhuizen.

Johnny het Ruan tot oorgawe gedwing in die tweede rondte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button