Hoër Volkskool se netbalspelers, Emma Barnard en Lunel Greyling, het tydens die skoolvakansie aan die o.16 All Ages Telkom-reeks deelgeneem.
Die toernooi, wat ook bekend staan as die nasionale netbaltoernooi, bring verskeie provinsies bymekaar wat teen mekaar meeding om die land se topspanne te bepaal.
Elke provinsie stuur drie spanne, wat uit hul beste spelers bestaan, na die toernooi.
Emma het vir Gauteng Delta gespeel, terwyl Lunel vir Gauteng Lambda uitgedraf het.
Gauteng Delta het as wenners uit die stryd getree, terwyl Gauteng Lambda derde geëindig het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



