Sport

Heidelberg eerste span beïndruk, tweede span val vas teen Elsburg

Alhoewel die tweede span gestruikel het, het die eerste span met goeie aanvallende spel uitgeblink.

Heidelberg Rugbyklub het op 12 Julie hulle tweede ronde in die Valke Merlin reeks teen Elsburg Rugbyklub afgeskop.

Die wedstryde is op die Hoër Volkskool se veld gespeel. Heidelberg het ‘n wen van 54-31 aangeteken.

Aan die begin van die wedstryd het die spanne mekaar voel-voel aangevat soos twee boksers.

DieBerge op die aanval.

Beide spanne het aangeval en goed verdedig en daar was nie enige kanse om punte aan te teken nie.

In die 17de minuut het Heidelberg die eerste punte van die wedstryd aangeteken, wat ‘n drie en doelskop ingesluit het.

Berge en Elsburg sak in ‘n skrum.

Daarna het Heidelberg al die aanvalswerk gedoen met vyf verdere drieë, twee doelskoppe en een strafdoel.
Elsburg het naby die einde van die eerste helfde twee drieë gedruk wat suksesvol verdoel is.

Die halftydtelling was Heidelberg 34 – Elsburg 14.

Heidelberg tweedes beur vorentoe.

In die tweede helfte het Berge drie verdere drieë, een doelskop en een strafdoel aangeteken.

Teen die einde van die wedstryd het Berge hul verdediging verslap, wat toegelaat het dat die punteverskil ietwat gekrimp het.

Daar was verskeie geelkaarte sowel as een rooikaart in die wedstryd uitgedeel.

Francois Vorster skop pale toe.

Heidelberg se punte was aangeteken deur drieë: Nantus Mouton (2), Jannie Hough (2), JJ Mienie, Brennan Ryan, Henry van Biljon en JJ Theron; doelskoppe: Francois Vorster (3) en JJ Mienie (1); en strafdoele: Francois Vorster (2).
Heidelberg tweedes het harde bene gekou en is met 7-36 deur Elsburg geklop.

Kaptein Nantus Mouton druk een van sy twee drieë.

Berge het eerste punte aangeteken, maar daarna het hulle verskeie verdedigingsblapse gemaak wat toegelaat het dat Elsburg die beheer van die wedstryd oorgeneem het.

Heidelberg speel hul volgende wedstryd op 19 Julie wanneer hulle teen Boksburg te staan kom, op Boksburg se veld.

Heidelberg se tweede span voor die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button