Sportweke gee uitstekende resultate vir Volkskool-leerders
Rhino en Bokie weke vir verskeie Volkie sport sterre.
Hoër Volkskool het tydens die onlangse vakansie uitgestaan in verskeie sportgeleenthede, met leerders wat aan die Rhino- en Bokkieweke deelgeneem het en indrukwekkende prestasies behaal het.
Rhino Week:Op die Rhino week 2025 het die volgende sportiewe leerders deelgeneem.
Rugby:
o14: Ricardo vd Westhuizen
o15: Enzo Pearson, Tegan Burger, Ruhan Stander, Zane Last, Marco Lötter, Tjaard Hough, Leonardo Brits en PW van Heerden.
o16: Tiaan Arnoldi – Tiaan is gekies vir die Barbarians toerspan wat in Spanje gaan toer
o19: Jano du Plessis
Netbal:
o14: Katelynn Botha, Issie Kloppers.
o16: Megan Marais, Ivianka Coetzer
o18: Alexia Prinsloo (Speler van die wedstryd tydens hul semi finaal. Alexia is gekies vir ‘n toerspan wat Thailand toe gaan toer) en Lalie van der Merwe (Span kaptein, speler van die wedstryd. Lalie is ook gekies vir die toerspan Thailand toe. Sy is ook gekies vir Netbal Premier liga se Mzanzi Cheetahs).
Bokkie Week:
Tydens Bokkie Week het die volgende spelers verskeie provinsiale spanne verteenwoordig.
Netbal:
o14: Mieke Rabie, Skyla Simons,Riane Marais.
o16: Lache Collen, Alexia Conté, Mieke Nienaber, Dané Marais, Lizé Vermeulen, Lize Dieredicks.
o19: Chanle Marais, Amelia Strydom, Marileigh Mouton, Lihandi Venter
Mieke Rabie, Laché Collen en Chanle Marias is vir SA Bokkiespanne gekies.
Rugby:
o14: Xander Deyzel, Gert Diedericks. Jaden Goris
o19: Henry Cronje. Kyle Hutchinson, Armin Stimmie en Dean Last
Hokkie:
Seuns:
o16: Shane Miller van der Walt, en Jayden Smook.
o19: Herman Jacobs.
Dogters:
o16: Makayla van Loggerenberg, Anje Brakhoven
o19: Alisha Miller van der Walt.



