Local sport
Brakke wen Hoër Volkskool se interhuis atletiek
Sterk wedywering, puik prestasies en ’n historiese oorwinning het Hoër Volkskool se interhuis atletiekdag gekenmerk.
Hoër Volkskool het op 16 Januarie hul jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms aangebied.
Die wedywering was nie net om individuele prestasies nie, maar het ook deel gevorm van die jaarlange kompetisie tussen die Brakke- en Dorpspanne.

Die Brakke het as wenners van die dag uit die stryd getree en dit was ook die eerste keer dat hulle die atletiekbyeenkoms kon wen.

Verskeie puik tye, afstande en hoogtes is deur die loop van die dag opgelewer.

Volkskool se volgende groot tuis-atletiekbyeenkoms is op 31 Januarie.







At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



