Local sport

Nigel gereed vir groot derby teen Heidelberg ná seisoenafskop

Nigel Rugbyklub het hul nuwe seisoen teen Sasol Secunda afgeskop, met beide die eerste en tweede spanne in aksie.

Nigel Rugbyklub het hulle eerste tree in die nuwe rugbyseisoen gemaak toe hulle teen Sasol Secunda Rugbyklub op die John Vorster-stadion te staan gekom het.

Die klubs se eerste en tweede spanne was in aksie.

In beide wedstryde was dit duidelik dat die spinnerakke nog nie volledig uitgevee is ná die feesseisoen nie, en dat daar baie werk vir die spanne voorlê.

Nigel se Lwazi Jamani op die aanval. PHOTO: Eugene Viljoen

Daar was egter ook verskeie positiewe punte waarop die afrigters kan bou. Die Nigel se skrums was solied in albei wedstryde, maar lynstane en intensiteit sal beslis aandag verg.

Secunda het in albei wedstryde oorheers, maar Nigel het gewys dat hulle vanjaar hul aanvallende rugby, wat in die verlede ’n sterkpunt was, wil herleef.

Nicky Glad beur vorentoe teen Secunda. PHOTO: Eugene Viljoen

In die eerstespanwedstryd het Nigel 25-19 gewen.

Die wedstryd was hard en intens, met min deurkomskanse vir beide spanne. Elke span het in die eerste helfte een drie gedruk, wat albei verdoel is, en Secunda het ook ’n strafdoel geskop om by halftyd 10-7 voor te wees.

Sasol se aanval word gestop. PHOTO: Eugene Viljoen

In die tweede helfte het albei spanne twee verdere drieë en een doelskop elk bygedra, terwyl Secunda ook nog ’n strafdoel oorgeskop het.

Daar was talle hanteerfoute wat die wedstryd stadiger gemaak het.

 Nigel eerstespan skop af. PHOTO: Eugene Viljoen

Die tweede span het Secunda met 37-24 geklop. Secunda het ses drieë, twee doelskoppe en ’n strafdoel behaal, terwyl Nigel se tweedespan vier drieë en twee doelskoppe geskop het.

Nigel se tweede span val oor vir hulle eerste drie. PHOTO: Eugene Viljoen

Alle oë is nou gevestig op 7 Februarie, wanneer Nigel en Heidelberg Rugbyklub hulle jaarlikse derby speel.
Daar is ’n beker op die spel vir sowel die eerste as die tweede spanne.

Nigel se tweedespan speler Freedom Ngubeni is op die aanval. PHOTO: Eugene Viljoen

Die wedstryde begin om 14:00 met die tweede span, gevolg deur die eerste span om 16:00.

n Setskrum tussen Secunda en Nigel tweede spanne. PHOTO: Eugene Viljoen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button