Local sport

Atlete lewer top gehalte atletiek op

Hoër Volkskool het tydens hul vriendskaplike atletiekbyeenkoms as algehele wenner uit die stryd getree.

Hoër Volkskool het op 30 Januarie ’n vriendskaplike atletiekbyeenkoms aangebied, waar hulle teen Oos-Moot, Leeuwenhof, Hoërskool Driehoek, Hoërskool Overvaal, Vereeniging Gimnasium meegeding het.

Die byeenkoms is gekenmerk deur sterk en mededingende atletiekvertonings van al die deelnemers.

Die program is egter kortliks onderbreek toe weerlig té naby aan die veld op radarbeelde waargeneem is en alle atlete en toeskouers van die baan verwyder moes word.

Ná die onderbreking het die byeenkoms met dieselfde hoë standaard voortgegaan.

Aan die einde van die byeenkoms is die algehele uitslae bekend gemaak: Hoër Volkskool het die eerste plek behaal, gevolg deur Oos-Moot in die tweede plek en Leeuwenhof derde.

Hoërskool Driehoek het vierde geëindig, Overvaal vyfde en Vereeniging Gimnasium sesde.

Willem Botha het die atlete, toeskouers en personeel verwelkom. PHOTO: Eugene Viljoen.
Blake Maitland in aksie tydens die verspring. PHOTO: Eugene Viljoen.
Anell Shepherd open met skriflesing en gebed. PHOTO: Eugene Viljoen.
Leon Liebenberg is ver voor in sy wedloop. PHOTO: Eugene Viljoen.
Teagan Kotze in aksie tydens die seuns o17 gewigstoot-item. PHOTO: Eugene Viljoen.
 Chanlé Marais seil oor ‘n hekkie tydens die 018 400m hekkies item. PHOTO: Eugene Viljoen.
Sechiel Vinchanzo wys sy slag in die hekkies wedloop. PHOTO: Eugene Viljoen.
Kaspian Rooseboom het ‘n hoogte van 1.65m gespring. PHOTO: Eugene Viljoen.
Seuns 014 atlete spring weg in die 800m wedloop. PHOTO: Eugene Viljoen.
 Volkskool se leerders het die gees gebring tydens die weerlig onderbreking. PHOTO: Eugene Viljoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button