Local sport

Nigel behou Masons-trofee in jaarlikse derby teen Heidelberg

Nigel het nie net die Masons-trofee suksesvol behou nie, maar hul tweede span het ook Heidelberg se tweedes oortref om die Comfort Fuels-trofee in te palm.

Die buurdorpe Nigel en Heidelberg het op 7 Februarie hul gebruiklike jaarlikse derby teen mekaar gespeel.

Die afgelope jaar of twee is die Masons-trofee op die spel geplaas vir die eerste spanne, terwyl die tweede spanne ook vir silwerware meeding.

Nigel se eerste span spring hoog in die lynstaan. PHOTO: Eugene Viljoen

Nigel se eerste span was die huidige houers van die trofee en het dit suksesvol behou met ’n oorwinning van 38–3.

Skrum tussen Nigel en Heidelberg se tweede spanne. PHOTO: Eugene Viljoen

Die eerste helfte was baie gelykop, met Nigel wat die eerste punte aangeteken het deur ’n drie wat suksesvol verdoel is.

Nigel se tweedespan na afloop van hul oorwinning. PHOTO: Eugene Viljoen

Kort daarna het Heidelberg ’n strafskop van ongeveer 60 meter oor die pale geskop.

Nigel op die aanval. PHOTO: Eugene Viljoen

Die res van die eerste helfte was ewe gelykop totdat Nigel kort voor rustyd hul tweede drie druk, wat ook verdoel is. By halftyd het die telling gestaan op 14-3.

Heidelberg se losskakel, Francois Vorster op die aanval. PHOTO: Eugene Viljoen

Na rustyd het Nigel die spel gedomineer en vier verdere drieë gedruk, vergesel van twee suksesvolle doelskoppe, terwyl Heidelberg nie kon deurbreek nie. Die wedstryd het ook drie geelkaarte gesien.

Nigel se eerste span hou hulle trofee omhoog na ‘n welverdiende wen teen Heidelberg. PHOTO: Eugene Viljoen

Nigel se tweede span het hul teenstanders oortref en die Comfort Fuels-trofee gewen toe hulle Heidelberg se tweedes met 52–7 geklop het. Hulle het agt drieë gedruk en ses doelskoppe geslaag, terwyl Heidelberg se enigste punte ’n drie in die tweede helfte was.

Nigel se rugbyspeler word gestop. PHOTO: Eugene Viljoen

Met die seisoen wat nou eers begin, is dit duidelik dat harde werk nog voorlê vir beide spanne.

Lwazi Jamani besig met een van sy kraglopies. PHOTO: Eugene Viljoen

Daar was egter baie positiewe punte aan beide kante, wat goeie teken vir die res van die seisoen is.

Nigel op die aanval. PHOTO: Eugene Viljoen

Voor die wedstryde is ’n minuut stilte gehou ter nagedagtenis aan Mohammed Lottering van Nigel Rugbyklub, wat die afgelope week oorlede is.

Nigel druk een van hul drieë. PHOTO: Eugene Viljoen
Nigel en Heidelberg se rugbyspanne het ‘n mminuut se stilte gehandhaaf voor die wedstryd. PHOTO: Eugene Viljoen
Nigel se tweede span skop af. PHOTO: Eugene Viljoen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button