Local sport
Vossie ruiter-susters vaar goed tydens SANESA byeenkoms
Lizé en Tenike Lira het sterk vertonings gelewer tydens die SANESA-ruiterbyeenkoms by Kyalami Park, met albei wat podiumplekke in hul onderskeie klasse behaal het.
Twee perderuiter-susters van Hoërskool John Vorster, Lizé Lira (Graad Nege) en Tenike Lira (Graad 11), het met puik vertonings op die baan bewys dat hulle stewig in die saal sit.
Die susters het op 31 Januarie aan die SANESA-ruiterbyeenkoms by Kyalami Park deelgeneem en hul staal teen sterk kompetisie gewys.
Lizé het ’n tweede plek in die 90cm-2 Fase losgery en ook ’n sesde plek in die 90cm-A2 behaal.
Tenike het ’n tweede plek in die 80cm-A2 verower, asook ’n vyfde plek in die 80cm-2 Fase.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



