Local sport

Taai wedstryde bied waardevolle ondervinding vir Nigel

Alhoewel die uitslae nie in hul guns was nie, het die spelers hul deursettingsvermoë en potensiaal in groot rugby getoon.

Nigel Rugbyklub neem tans deel aan die Sibanye Stillwater Superliga nadat die klub op die laaste oomblik ingeskryf het om ’n span te vervang wat van die liga onttrek het.

Op 14 Februarie het Nigel sy eerste wedstryd van die liga in Rustenburg gespeel, teen die Sibanye Stillwater Warriors.

Die wedstryde was taai, maar het vir Nigel se spelers en afrigters ’n waardevolle leerervaring gebied.

Kaptein Mervin Gilbert loop verby die skeidsregter in hulle wedstryd teen Sibanye Stillwater. PHOTO: Frans Peens.

Nigel se eerste span het gewys dat hulle in die groot ligas kan meeding. Alhoewel hulle 22-10 verloor het, het hulle dit nie maklik gemaak vir hulle teenstanders nie en sterk teenstand gebied.

Die span se drieë is deur David Twala gedruk, terwyl Abraham Lux ’n doelskop sowel as ’n strafdoel oorgeskop het.

Die afrigters het ná die wedstryd gesê dat die span moet fokus op vinniger reaksie by die bal, meer doeltreffende spel en beter konsentrasie om sagte drieë te voorkom.

Losgemaal tussen Nigel en Sibanye Stillwater. PHOTO: Frans Peens

Nigel se tweedespan het ook dapper probeer, maar moes die knie buig teen Sibanye Stillwater se tweedespan met 39-10.

Die span se twee drieë is gedruk deur Dozer Mhlaba en TT Mokwele.

Alhoewel die span uiteindelik 73-0 verloor het, het Nigel se nuwe o20-span sy vuurdoop in groot rugby beleef en waardevolle ondervinding opgedoen.

Nigel Rugbyklub se volgende Superliga-wedstryd teen die Grizzlies in Daspoort, Pretoria, vind op 21 Februarie plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button