Local sport
Hoër Volkskool karateka kry eerste by Oos Gauteng Kampioenskappe
Die Tenshinkan karate pers belt het by die onlangse Oos Gauteng Kampioenskappe 'n eerste plek behaal in sy item.
Claudio Naudé het onlangs aan die South African Ryukyu Martial Arts Federation (Sarmaf) se Oos-Gauteng Kampioenskappe by die Brakpan Indoor Sports Centre op 28 Maart deelgeneem.
Claudio het in sy kumite (geveg)-item in die Tenshinkan-styl ‘n eerste plek verower, wat hom ‘n plek verseker het by die Sarmaf Nasionale Kampioenskappe wat binnekort plaasvind.
“Hoër Volkskool Heidelberg is trots op Claudio, wat ‘n uitstekende prestasie behaal het. Sy harde werk, dissipline en passie vir karate wys duidelik in sy resultate,” sê ‘n Facebook-plasing van die skool waar Claudio ‘n leerder is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



