Plaaslike karate studente neem deel vir provinsiale kleure
Die wat eerste, tweede en derde plekke behaal het kwalifiseer vir die Sarmaf nasionale kampioenskappe in Junie.
Studente van sensei Leon Gagiano van Tenshinkan Nigel, Balfour, Delmas, Heidelberg en Mackenzieville, het onlangs deelgeneem aan die South-African Ryukyu Martial Arts Federation (Sarmaf) se Oos-Gauteng toernooi.
Die kwalifiserende toernooi het die kans gebied om provinsiale kleure te verwerf, en vegters wat eerste, tweede of derde plekke gekry het kwalifiseer om deel te neem aan die Sarmaf Nasionale Kampioenskappe in Julie, in Midrand.

Die studente het deelgeneem in kata (tegniek), kumite (veg) en wapenvaardigheid.
Die uitblinkers is:
• Tiago Steynvaart wat derde in kata, tweede in wapens en tweede in kumite gekry het.
• Stephen Smith wat tweede in kata en eerste in kumite gekry het.
• Leone Gagiano wat derde in wapens gekry het.




