Local sport

Nigel Rugbyklub val net kort teen Brakpan in Valke Presidentbeker-finaal

Ondanks ’n nederlaag het Nigel se veggees en vasberadenheid in die finaal beïndruk.

Nigel Rugbyklub se eerstes moes Saterdag in die finaal van die Valke Rugby Presidentbeker die knie buig teen Brakpan Rugby Klub, maar die Nigel-span het die Panne laat sweet vir hul oorwinning.

Nigel het geen oomblik teruggedeins vir die gunstelinge nie en, ná ’n rustydagterstand van 21–8, sterk teruggeveg om die wedstryd mededingend te hou.

Die eindtelling van 40–30 het uiteindelik gesorg dat Brakpan die gesogte trofee kon lig, maar Nigel kon met trots van die veld stap ná ’n dapper vertoning.

Nigel het vier drieë gedruk, waarvan twee verdoel is, en ook twee strafskoppe oorgeklits.

Brakpan het op hul beurt ses drieë aangeteken, met vyf suksesvolle doelskoppe.

Nigel se tweedespan, wat ook teen Brakpan uitgedraf het, het met 43–14 verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button