Local sport

Hoër Volkskool atleet blink uit by nasionale kampioenskappe

Die kampioenskappe het onlangs by die Pilditch Stadion in Pretoria plaasgevind.

Madison Webb, ‘n o15 hoogspring atleet van die Hoër Volkskool, het van 30 April tot 1 Mei deelgeneem aan die SA Atletiek Kampioenskappe by die Pilditch Stadion in Pretoria, waar sy ‘n derde plek en persoonlike beste hoogte losgespring het.

Met ‘n hoogte van 1.68m, het sy ewe hoog as die silwer medaljewenner gespring, maar die finale plasings is bepaal deur die aantal foutiewe pogings op vorige hoogtes. Die wensprong was 1.7m hoog.

Madison word afgerig deur Henning Snyman, onder wie se leiding sy konsekwent ontwikkel en verbeter.

Haar oefenprogram is gestruktureerd en fokus op kwaliteit bo kwantiteit, met oefensessies op Dinsdae en Donderdae.

Weens die fisiese eise van hoogspring, veral die noodsaaklikheid van spierherstel en veerkrag, oefen sy nie elke dag nie.

Hierdie gebalanseerde benadering stel haar ook in staat om as hekkiesatleet deel te neem, wat haar algehele atletiese vermoë versterk.

“Madison se prestasie by die SA’s is ’n bewys van haar toewyding, dissipline en groei as atleet. Haar nuwe persoonlike beste en podiumplek dui op groot potensiaal vir toekomstige sukses,” sê Jeandri Ligthelm, ‘n woordvoerder vir die skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button