Local sport

Balfour Hengelklub lede trek 91 vis in by Draaifontein

26 Lede het deelgeneem aan die Mei kompetisie, wat by Draaifontein, Vaaldam plaasgevind het.

Balfour Hengelklub het op 2 Mei by die Draaifontein Oord te Vaaldam hul maandelikse kompetisie gehou, waar 26 lede 91 vis ingekatrol het met ‘n gesamentlike gewig van 48.9kg

Senior wenners

• Eerste is Lukas Stolz met 13 vis van 5.41kg.

• Tweede is Jaco Nel met 12 vis van 5.75kg.

• Derde is Johan Dames met 10 vis van 4.85kg.

Lukas Stolz met sy vis. FOTO: Verskaf.

Vroue wenners

• Eerste is Deidré Nel met een vis van 1.13kg.

• Tweede is Riette Dercksen met vis onder die minimum gewig, op 0.35kg.

• Derde is Ingrid Kriel, ook met geen vis bo die minimum, maar ‘n totaal 0.07kg.

Deidré Nel. FOTO: Verskaf.

Junior wenners

• Eerste is Ludwig du Plessis met drie vis van 0.89kg.

• Tweede is Kallie Kriel met vis van 0.5kg.

• Derde is Johan Dames met geen vis bo die minimum, maar van 0.09kg.

Om aan te sluit, kontak Bennie Kriel by 079 888 6052. Die volgende kompetisie is 6 Junie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button