Local sport

Balfour Hengelklub lede vang goed tydens September kompetisie

Die grootste vis gevang is 'n uitsonderlike 4.09kg karp wat deur vroue wenner Darell Roos gevang is.

Die Balfour Hengelklub se maandelikse kompetisie het op 12 September by Steyns Oord te Vaaldam plaasgevind.

Die 19 deelnemende hengelaars het 41 visse ingetrek met ‘n totale gewig van 29,61 kg.

Die swaarste karp is deur die vrouewenner, Darell Roos, gevang, met ‘n stewige gewig van 4,09 kg.
Die swaarste graskarp is deur Deidre Nel gevang en het 0,3 kg geweeg.

Darell Roos met haar uitsonderlike karp. FOTO: Verskaf

Noah Lombard het die swaarste moddervis gevang, met ‘n gewig van 0,58 kg, en Pieter Lombard die swaarste geelvis, teen 0,49 kg.

Die seniorwenners is Pieter Lombard in die eerste plek, met ses visse van 6,44 kg, Johan Dames tweede, met vyf visse teen 2,02 kg, en Koos Erasmus derde, met vier visse teen 1,87 kg.

Die vrouewenner is Darell Roos, met twee visse teen 4,63 kg, met Deidre Nel tweede, met drie visse teen 1,30 kg, en Ingrig Kriel derde, met drie visse teen 1,28 kg.

Pieter Lombard het onder die seniors gewen. FOTO: Verskaf

Die juniorwenner is Noah Lombard, met ses visse van 5,62 kg, en Kallie Kriel is tweede, met ‘n vis van 0,43 kg.

Die volgende kompetisie vind op 3 en 4 Oktober by Kees van der Walt, Vaaldam, plaas.

Om by die klub aan te sluit, skakel Lukas Stols by 084 757 6058, of Bennie Kriel by 079 888 6052.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button