EntertainmentLifestyleUpdate

Ina Bonnette kom praat.

Ina is nie skaam oor wat gebeur het nie en glo haar getuienis moet deur die land en wêreld gehoor word. Sy gaan op 1 November om 12:00 by die Lighuis te 35 Kingsweg haar getuienis lewer.

Johan Kotzé, bekend as die Modimolle monster, het toegeslaan toe hy sy eertydse vrou Ina Bonnette op 3 Januarie 2012 verkrag en vermink het.
In dieselfde huis waar sy gemartel is, het hy ook haar seun Conrad vermoor.
Nadat Ina haar verlede Maart in ‘n ‘diep donker gat’ bevind het, het sy op haar knieë gegaan en vir krag en sterkte gebid. “Vandag kan ek voor ‘n gehoor staan in die wete dat my getuienis iewers langs die pad ‘n lewe kan beïnvloed,” het sy gesê.
Ina is nie skaam oor wat gebeur het nie en glo haar getuienis moet deur die land en wêreld gehoor word.
Sy gaan op 1 November om 12:00 by die Lighuis te 35 Kingsweg haar getuienis lewer.
Haar getuienis word gesterk deur operasangeres Vera-Marie Meyer wat saam met haar die verhoog deel.
‘n Beperkte aantal kaartjies is teen R160 per persoon beskikbaar.
Vir verdere inligting en besprekings, skakel Anneke by 083 414 4974.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button