EntertainmentLifestyleSponsored

Dis byna tyd vir die Musiekfees by Springs Meat World

SPRINGS - Meat World by die Springs Nasionale Varsproduktemark hou weer op 2 April Musiekfees met van die land se top kunstenaars wat optree.

Goeie nuus is dat die musiekfees gratis en almal welkom is. Die fees begin om 09:00 en duur tot ongeveer 13:30, met aankondiging van die wenner van die nuwe Ford Figo Ambiente wat die fees afsluit.

Die Fees spog met van die land se top kunstenaars.  Pieter Koen van die Jukebox faam op kykNET kom “Skud sy Biscuit”, terwyl Hennie Smit (bekend as Bertie in Egoli) as seremoniemeester optree.  Hennie en Arina de Witt gaan ook ‘n lied of twee uit hulle nuwe produksie, ‘As Drome Vlerke Kry’, opvoer. Verder kan feesgangers die musiekvertonings deur Francois van Rensburg, Rembrandt van Rijn, Alwyn Oberholster en Rinel Day geniet. Die musiekfees is ‘n heerlike ervaring vir die hele familie. Kom vroeg en bring sommer vir jou ‘n kampstoel, kombers of kussing.

Die kleinspan word ook nie afgeskeep nie, want ‘Liewe Heksie en Botterblom’ sorg vir kindervermaak.  Verna Vels se sprokieskarakter Liewe Heksie, is na jare steeds onder die kleinspan bekend en gewild.  Frans Swart is die regisseur van die produksie en het ook ‘Liewe Heksie en Botterblom’ vir die verhoog verwerk.  Ana van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, terwyl Botha Enslin, Debre Rossouw en Phillru van Achterbergh van die ander karakters uitbeeld.

Die perseel by die Springs Mark is ruim met hope spasie en parkering beskikbaar en leen hom ook perfek vir die vlooimark, waar feesgangers onder die stalletjies kan kies en keur vir aankope. Indien jy ‘n stalletjie wil bespreek, skakel Mariaan by 083 254 7293 of 011 815 3000, of stuur ‘n epos stuur aan admin@lefra.com

Om in aanmerking die nuwe Ford Figo as prys te kom, moet jy slegs R100 of meer se aankope by die slaghuis (Meat World) spandeer en jou kasregisterstrokie saam met ‘n inskrywingsvorm in die inskrywingsboks plaas.

Vir meer inligting, skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ‘n epos aan admin@lefra.com.

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button