Geen keer aan dié hanekam

Die handekam het nou nog ‘n plant langs die stam uitgestoot wat ook vol in blom is.

Die Gouwse van Du Toitstraat se besonderse hanekam groei al meer welig. HERAUT het twee jaar gelede berig oor die pragtige hanekam van ongeveer 90cm wat langs ‘n dooie palmstam (wat met sement toegegooi is) opgekom het.

 
‘n Standaard hanekam groei gewoonlik sowat 30cm. Die hanekam het dit egter amper nie vanjaar oorleef nie. Jurie en Caroline het vir drie maande in Nieu-Seeland by hul kinders gekuier. Met hul terugkeer in Februarie het dit gelyk of die plant besig is om te vrek.

 
Jurie het in ‘n desperate poging die stam gesnoei tot net ‘n klein stukkie oor was. Die snoeiery was egter net wat die plant nodig gehad het en die nuwe stam het sommer in dikte verdubbel.

 
Die hanekam het so swaar geword dat Jurie dit met ‘n stut moes regop hou. Die plant het weer pragtige trosse rooi blomme en is op 130cm selfs nog hoër as die vorige jaar.

 
Jurie vertel dat hy klippe om die dooie palm gegooi het, waarna hy dit met sement bedek het. Dit lyk of die hanekam van dié klipperige stuk aarde (waar dit maar min water kry) hou. Hy het ander steggies in potte uitgeplant, maar dié het nie hoër as 30cm gegroei nie.

 
Die handekam het nou nog ‘n plant langs die stam uitgestoot wat ook vol in blom is.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button