The Barber Shop in Nigel nou ook vir dames-kliënte

Nou spog The Barber Shop ook met ‘n dames stilis Deidre Pretorius, al die pad van Johannesburg af.

Haarkappery is ‘n loopbaan wat kreatiwiteit, harde werk en groot passie verg. Daarvan kan Janine van der Merwe (eienaar van The Barber Shop) getuig, want na jare se ondervinding ken sy haar nering en weet sy presies wat haar manlike klante verlang wanneer hulle sitplek in die haarkapperstoel inneem.

 
Nou spog The Barber Shop ook met ‘n dames stilis Deidre Pretorius, al die pad van Johannesburg af. Pretorius bring nuwe lewe na die salon en bied nou dames sny-, kleur-, blaas-en haarbehandelings aan.

 

“Ons is baie opgewonde met die nuwe uitdaging en sien uit daarna om ons dames klante met niks minder as die beste diens te versorg nie,” het Van der Merwe gesê.

 
Verder wil Van der Merwe ook vir Otto Muller dankie sê vir die ondersteuning en bystand vandat sy die haarkappery oorgeneem en haar eie gemaak het, asook vir die geleentheid om die salon te begin.

 
Hierdie besigheid lewer nou diens aan mans, seuns en dames en die publiek word uitgenooi om The Barber Shop te ondersteun. Pretorius bied haar dames ‘n sny, kleur, blaas en haarberhandeling vanaf R250, afhangende van die lengte en dikte van die hare.

 
Besigheidsure is vanaf 08:00 tot 17:00 Maandae tot Vrydae en vanaf 08:00 tot 13:00 op Saterdae en publieke vakansiedae. Skakel Janine van der Merwe by 071 241 2026 vir besprekings of navrae. The Barber Shop is in die Inala gebou te Breytenbachstraat 19 gebaseer.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button