Berge reken met Oos-Rand Polisie af
Cornelius Kok het twee drieë en Jason van Jaarsveldt een drie aangeteken. Juandré van Wyk het die skopskoen gedra.
Die Berge is terug met mening nadat hulle Saterdag (8 Junie) met Oos-Rand Polisie in Brakpan afgereken het. Dit was ‘n harde wedstryd, maar Heidelberg Rugbyklub het tot die einde geveg en is beloon toe hulle met vier punte gewen het.
Heidelberg het vroeg in die wedstryd gesorg dat hulle eerste punte op die telbord kry toe ‘n strafskop sekuur deur die pale gestuur is. Oos-Rand Polisie het egter met ‘n drie asook verdoeling geantwoord en die telling op 7-3 in die teenstanders se guns te staan gebring.
Berge het terugbaklei en onder die pale gaan kuier, maar die drie is nie verdoel nie en Heidelberg het met een punt (8-7) voorgeloop.

Die naelbyt wedstryd het tot in die tweede helfte voortgeduur met Oos-Rand Polisie wat 17-11 voorgeloop het. Dié telling het vinnig na 22-19 (in Oos-Rand Polisie se guns) opgeskuif en met net vyf minute speeltyd oor, het Berge weer ‘n drie gedruk en dit verdoel om die telling op 26-22 in Heidelberg se guns te beklink.
Cornelius Kok het twee drieë en Jason van Jaarsveldt een drie aangeteken. Juandré van Wyk het die skopskoen gedra.
Sean Greyling (voorsitter) sê die manne was goed voorbereid vir die wedstryd. Die volgende kragmeting is ‘n tuiswedstryd op 22 Junie om 15:30 teen Vanderbijlpark. Heidelberg Rugbyklub bedank inwoners vir getroue ondersteuning en nooi almal uit om die wedstryd by JW Luckhoff Skool (op die Balfour-pad) teen R10 per persoon en R10 per voertuig by te woon. Ingang vir kinders o/13 is gratis. Vir meer besonderhede kan Greyling by 083 611 2581 geskakel word.
| Volg ons op: | ||
![]() |




