Boer op Nigel-plaas vermoor
Geen bevestiging dat voorval plaasmoord was
Johan Pretorius (44) is op 20 Junie om ongeveer 19:00 op sy skoonpa Daan Wessels se beesplaas net buite Nigel oorval en vermoor. Kapt Johannes Kapt Ramphora, polisiewoordvoerder van Springs SAPD, het gesê dat Pretorius by die hek stilgehou het toe ʼn onbekende aantal aanvallers op hom toegesak en hom met ʼn piksteel aangerand het. Die piksteel is op die toneel gevind, het Kapt Kapt Ramphora bevestig.
Pretorius is klaarblyklik verskeie kere in die bolyf gekap en het vermoedelik probeer vlug voordat hy op die erf inmekaar gesak het, het Kapt Ramphora gesê.
“’n Voertuig op die perseel is aan die brand gesteek. Bure het rook gesien en gaan ondersoek instel, toe hulle Pretorius se lyk langs die voertuig gekry het,” het hy gesê.
Volgens Kapt Ramphora was Pretorius se onderlyf gebrand.
Pretorius se vrou Kobie en hul dogter (6) was in die huis tydens die voorval.
“In dié stadium lyk dit nie of enigiets gesteel is nie, niks word vermis nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het Kapt Ramphora bygevoeg.
Deon Pretorius (eienaar) van Monitor 24-sekuriteit Nigel het gesê dat dié moord nie met die gewone aspekte van ‘n plaasaanval ooreenstem nie. Volgens Pretorius was daar bloed by die plaashek en die bakkie het nog gesmeul, toe hy op die toneel gearriveer het.

Pretorius se vrou het vroër die aand haar pa gebel om te sê dat daar ‘n brand op die plaas is. Met sy aankoms het Wessels dadelik na die brandende veld gegaan en nie dadelik sy skoonseun se liggaam gesien nie, eers toe Wessels water wou kry om die brand te blus het hy op Pretorius se lyk afgekom.
Niemand is in verband met die voorval aangekeer nie. Enige persoon met inligting oor die voorval word gevra om Kapt Ramphora by 079 694 6936 te skakel.
| Volg ons op: | ||
![]() |




