EntertainmentLifestyleBreaking News

Vatvas manne vir nog toekennings benoem

Plaaslike dansorkes hierdie naweek op die kassie.

Die Vatvas Dansorkes is vir nog drie toekennings benoem ná hulle in April ‘n Ghoema musiektoekenning in die afdeling ‘Publiek se Gunsteling duo of groep’ gewen het.

Martin Viljoen, Rudie Grobler, Koos van Dyk en Johan Duvenhage is almal plaaslike manne wat drie jaar gelede die orkes begin het.

Hulle tree Saterdag 28 September by die SATMA toekennings in Mahikeng voor ‘n lewendige gehoor op. Hulle is in die afdeling vir beste boere album genomineer en die toekennings sal om 18:00 lewendig op SABC 1 en 2 uitgesaai word.

 

Stem vir die Vatvas Dansorkes

 

Jy kan hul kans om te wen verbeter deur die woord SATMA 323 na die nommer 49495 te sms. Jy kan soveel keer as jy wil, stem.

Die manne is ook vir twee toekennings in die Boere Musiek- asook Beste Instrumentaal-afdelings by die AITSA Afrikaanse Musiektoekennings genomineer. Die AITSA toekenningsaand word op 16 Oktober in Pretoria aangebied.

Die orkes speel hul eie musiek wat deur Rudie en Johan gekomponeer word.

Hulle het reeds meer as 1 miljoen internetbesoekers en sê 2019 was ‘n groot jaar vir die orkes.

Vatvas Dansorkes het reeds drie CDs en een DVD gemaak en is reeds besig met hul volgende CD wat oor sowat twee maande op die rakke te koop sal wees.

Hoewel hulle ‘n gesogte orkes is wat al hoe meer bekendheid verwerf, sê hulle dat daar altyd tyd sal wees om in hul tuisdorpe (Heidelberg, Nigel en Balfour) op te tree. Indien jy meer oor die Vatvas Dansorkes wil uitvind, kan Martin Nel by 079 700 5743 geskakel word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button