Top Heidelberg rugbyspelers beloon
Dames het ook vanjaar hul slag gewys.

Heidelberg Rugbyklub het hul top presteerders van die jaar tydens ‘n prysuitdeling op 12 Oktober aangewys.
Dirk Potgieter is die eerstespan se sportman van die jaar met Henk van der Mescht as speler van die jaar.
Sean Greyling (voorsitter) het die spelers vir hul harde werk en toewyding deur die seisoen bedank. Hy het gesê dit is verblydend om aan te kondig dat die klub gegroei het en vanjaar vir die eerste keer ook ‘n vrouespan kon saamstel. Die dames het in die Ukhozi Zesifazane-liga deelgeneem en hoop om volgende jaar in die liga te vorder.

Die klub het ook vanjaar ‘n gemengde juniorspan (o/6) en ‘n o/11 span begin afrig.
Die mans eerstespan het tot in die semi-finaal van die Kestrel-liga gevorder.
Sias Potgieter het die kaptein van die jaar asook voorspeler van die jaar trofeë ontvang. Die president se spesiale stoekenning het aan Wayne de Waal gegaan. Innocent Maya het die junior speler van die jaar en Morné Human die senior speler van die jaar trofeë ontvang. Jason van Jaarsveld is as die agterspeler van die jaar aangewys asook die speler wat die meeste punte aangeteken het.

Ronald Rice het die trofee as mees opkomende voorspeler van die jaar en PJ du Toit as mees opkomende agterspeler van die jaar ontvang. Die trofee vir mees toegewyde speler van die jaar het aan Coenie Steenkamp gegaan. Christiaan Smal is die speler wat die meeste drieë aangeteken het, aangewys.
Christaan Pieters het die ‘Golden Boot’ toekenning ontvang. 
In die damesspan is Helen Underhay as algehele speler van die jaar asook agterspeler van die jaar aangewys. Dons Underhay is die klub se voorspeler van die jaar. Natasha Bronkhorst is die spelers se keuse vir speler van die jaar.
Indien jy belangstel om volgende jaar deel van Heidelberg Rugbyklub se spanne of bestuur te wees, kan Sean Greyling by 083 611 2581 geskakel word.



