96% slaagsyfer vir Vossies
Hoërskool John Vorster se matrieks van 2021 het vandag hul uitslae ontvang.
NIGEL – Hoërskool John Vorster se matrieks van 2021 het op 21 Januarie, met groot afwagting, hul matriekuitslae by die skool ontvang.
“Ons is baie trots op elkeen van ons matrieks,” het skoolhoof Jan Nienaber gesê.

Die skool het vanjaar ‘n slaagsyfer van 96.1% behaal, teenoor verlede jaar se 100% slaagsyfer.

“Onder die omstandighede is ons baie tevrede met die uitslae,” het Nienaber verder gesê.
“Dit was ‘n moeilike jaar vir baie van ons matrieks, en hulle het ons nogsteeds trots gemaak.
“Ons wil graag dankie sê aan elke leerder, ouer en onderwyser wat bygedra het tot die matrieks se sukses.”
Die skool se toppresteerder vir 2021 is Dan Tshimanga wat ses onderskeidings behaal het.

Stefan Horn en Hendré Horn het beide vyf onderskeidings behaal en Mariesa Manenti, Morné Brits en Jenivieve Olivier het elkeen vier behaal.

Manenti en Brits was nie beskikbaar vir fotos nie.



