KYK hoe Heraut se redakteur haar saak bepleit na arrestasie
Sowat R100 000 is binne ‘n kwessie van vier ure ingesamel.

“Ek het nie die kaas gevat nie. Bel net asseblief my ma.”
HERAUT redakteur Yvonne van Coller het met “krokodiltrane” in ‘n yskoue sel op Suzan Basson van Crime Stop se skouer gehuil en saam het hulle daarin geslaag om die sakke van ‘n hele paar sakemanne tot voordeel van die minderbevooregtes te skud.