GalleriesSports galleries

Fotogalery – Tuffshield Tomahawks troef Broncos

Die Tuffshield Ermelo Tomahawks Rugbyklub is tans op goeie vorm.

Die Tuffshield Ermelo Tomahawks het Saterdag in ‘n tuiswedstryd teen die Bethal Broncos in ‘n Rugby League-wedstryd te staan gekom en die wedstryd oortuigend met 42 – 14 gewen.

Die kragmeting is op die AJ Swanepoelstadion gespeel.

Die tuisspan se drieë is gedruk deur Hannes Engelbrecht (3), Menzi Nkosi (2), Wayne Burger, Wentzel Sonnekus en JD Earle. JD het ook vyf drieë verdoel.

Wentzel Sonnekus is as voorspeler van die wedstryd gekies en sy broer, Divan, as agterspeler van die wedstryd.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button