Fotogalery – ExE-motors brul en rol
Vreeslose manne en vroue het die hoë sandwalle in hul brullende motors getrotseer.
Daar was volop opwinding maar ook angstige oomblikke toe vreeslose manne en vroue die hoë sandwalle in hul brullende motors getrotseer het tydens die ExE-motorsport se pretdag.
Die byeenkoms is gereël as geldinsamelingsprojek van Laerskool JJ van der Merwe se leiers.
Daar is deelgeneem in twee klasse: die Top Truck of ope klas met hul kragtige omgeboude motors, en die standaardklas vir die meer besadigde padgaande motors.
In die ope klas was Nico Pretorius en sy mede-bestuurder Sean Hentchell (Nelspruit) eerste, met Johan Strauss en Danie van der Walt in die tweede plek en Hein Duraan en Ciska Duraan (Johannesburg) derde.
Die standaardklas is gewen deur D. Podges (Ermelo) met Awie Spies (Ermelo) in die tweede plek en Loekie Botha (Ermelo) derde.
















































