Gholfspelers trotseer koue vir Kansa
Die koue en nat toestande het nie die 54 spelers wat ingeskryf het, afgeskrik nie en goeie gholf is gespeel.
Die Ermelo-been van die Sanlam/Kansa-utdaaggholfreeks ten bate van Kansa is Saterdag op die Ermelo Gholfbaan beslis.
Die koue en nat toestande het nie die 54 spelers wat ingeskryf het, afgeskrik nie en goeie gholf is gespeel.
Hans de Wet met 40 punte het die Mans A-divisie gewen met James Nkonde in die tweede plek op 38 punte en Eric Trouw in die derde plek op 36 punte.
Die mans B-divisie is gewen deur David Mashinini op 38 punte met Conrad Klopper tweede op 36 punte en Oros van der Walt in die derde plek met 36 punte op ’n uittel.
Douw Grobler het die mans C-divisie gewen op 39 punte met Danie du Plessis in die tweede plek op 36 punte en Koos Reinecke in die derde plek op 34 punte.
In die vroueafdeling het die jongeling Chanté Boonstra die eerste plek ingeneem in die A-divisie.
Annecke Fourie was die wenner van die B-divisie op 37 punte met Phyllis Kirkland in die tweede plek op 33 punte en Tersia Kemp in die derde plek op 33 punte.
Die onderskeie divisiewenners sal op 22 Augustus in die streeksuitdaagreeks op die Bankenveld Gholflandgoed se gholfbaan deelneem en staan ’n kans om in die eindronde op 10 en 11 Oktober by Sun City te speel.












