Ermelo-eerstes klop Sasol 2
Die Ermeloërs was net te sterk voor en agterlangs en het sewe drieë gedruk.

Galery.
Ermelo se eerste rugbyspan het Saterdag teen Sasol 2 op die AJ Swanepoelstadion te staan gekom en die besoekers met 48 – 0 geklop.
Hoewel die Sasol-manne moedig probeer het, was die Ermeloërs net te sterk voor en agterlangs en het sewe drieë gedruk.
Ermelo se drieë is aangeteken deur JP le Roux, Sindiso Mbokane, Rohan Stander (2), JD Earle, Dennis Duranty en Hannes Engelbrecht.
Rohan Stander het ook vyf drieë verdoel en een strafdoel behaal. Hy is ook as agterspeler van die wedstryd vir Ermelo gekies.
Bok Mashaba is as voor-speler van die wedstryd gekies.
In ‘n vroeëre wedstryd het die Sasol Emba-span daarin geslaag om Ermelo se tweede span met 27 – 10 te verslaan.
Vir Ermelo is Piet de Clercq as voorspeler van die wedstryd gekies en Wally Wallis as die agterspeler van die wedstryd. Ermelo speel eerskomende Saterdag teen Standerton.
Die wedstryd word op EHS se veld gespeel.





































