Calla wen LS Ermelo IPS –gholf
Tydens die kompetisie het die 8-jarige Coert Hobbs ’n nie-amptelike volmaakte hou op die 14 putjie behaal.
Calla Scholtz het Saterdag 52 ander deelnemers uitgestof en die Laerskool Ermelo se jaarlikse IPS gholfkompetisie met ’n telling van 44 punte gewen.
Die kompetisie word ten bate van die skool se geldinsamelingsprojek aangebied.
Anton Bakker was in die tweede plek op 42 punte en Eric Trouw derde op 41 punte. Twee spelers, Thami Selbea en Frankie dos Reis, albei op 38 punte is in die vierde en vyfde plekke ná ’n uittel.
Drie spelers, Chanté Boonstra, Janice Swanepoel en Sam Nkosi, almal op 37 punte, het na ’n uittel die daaropvolgende plekke behaal.
Pryse vir naaste aan die pen is toegeken aan Leonard Bosman (vierde putjie), Leanté de Jager (sesde putjie), Cobus van Dyk (14 de putjie) en Willem Hoffman (16de putjie).
Die vroue het die mans uitgestof en pryse vir die langste dryfhou het gegaan aan Michelle Swanepoel (8ste bof).en Chanté Boonstra (18de bof).
Tydens die kompetisie het die 8-jarige Coert Hobbs ’n volmaakte hou op die 14 putjie behaal.
Die prestasie kan ongelukkig nie amptelik aangeteken word nie omdat Coert nie vir die kompetisie as ’n deelnemer ingeskryf het nie. Dit doen egter nie afbreuk aan die feit dat hy op ’n jong ouderdom iets vermag het wat min gholfspelers beskore is.













