Liggie-dogterskrieket goed op dreef
Die Liggie-dogters die teiken in 18.2 boulbeurte verbygegaan en 109 lopies vir die verlies van vyf paaltjies aangeteken.
Die eerste dogterskrieketspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het verlede Dinsdag, teen Hoërskool Kriel op Ligbron se veld te staan gekom.
Kriel het eerste gekolf en 107 lopies vir die verlies van vyf paaltjies in die toegelate 20 boulbeurte aangeteken.
Vir Ligbron het Linique Janse van Vuuren drie paaltjies laat kantel terwyl sy slegs 11 lopies afgestaan het.
In hulle kolfbeurt het die Liggie-dogters die teiken in 18.2 boulbeurte verbygegaan en 109 lopies vir die verlies van vyf paaltjies aangeteken.
Ligbron het die wedstryd met vyf paaltjies gewen.
Junicke Broekman met 27 lopies, en Lindie Mostert met 16 lopies het uitgeblink met die kolf.



