MunicipalNews

Tydelike oplossings steeds nie reggestel nie

’n Inwoner in die omgewing wat die probleem onder ons aandag gebring het, het gesê dat dit ’n groot veiligheidsrisiko vir veral kinders wat nuuskierig is inhou

Die Hoëvelder het reeds in 13 April se uitgawe (Kragkabels ’n tydelike oplossing) berig oor die kragkabel wat volgens die munisipaliteit as tydelike oplossing gebruik is.

Die kragboks is by die Pres. Steynlaan- en Paul Krugerwegkruising in Nederland Park opgemerk.

’n Inwoner wat die probleem onder die koerant se aandag gebring het, het gesê dat dit ’n groot veiligheidsrisiko vir veral kinders wat nuuskierig is, inhou.

“Kinders wat nie van beter weet nie, kan hulself dood skok en wie gaan dan verantwoordelikheid aanvaar?” het die inwoner wat anoniem wou bly, gesê.

Die kragbokse waaruit kragkabels na ’n kragboks in die straat afgelei word, staan al vir ’n geruime oop.

Volgens die woordvoerder van die Msukaligwa Munisipaliteit, mnr. Mandla Zwane, was die kabels slegs ’n tydelike oplossing nadat werkers van die elektriese afdeling ’n foutiewe kabel probeer opspoor het.

Hy het ook in April bygevoeg dat die elektriese afdeling die probleem binne vyf dae sou regstel, maar tot nou is niks aan die saak gedoen nie.

Kragbokse wat oop staan word regdeur die dorp opgemerk.

Nadat die Hoëvelder navraag by die munisipaliteit gedoen het, het ’n inwoner wat anoniem wil bly, geskakel en gesê dat daar wel aan die kabels gewerk word, maar dat die kabels slegs vanuit die een kragboks verwyder is.

Die kabel is aan ’n boom naby die kragboks vasgemaak.

Geen kommentaar is teen druktyd van die munisipaliteit ontvang nie.

https://highvelder.co.za/61877/oop-kragboks-n-tydelike-oplossing/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button