Die Hoëvelder is onlangs deur inwoners van Oosstraat in kennis gestel dat die pad opgekap word en dat daar aan die pad gewerk word.
Daar is reeds in Mei vanjaar geskryf oor die toestand van die pad ‘ 24 Mei 2018, Oosstraat word ‘n risiko vir motoriste in Ermelo‘ wat van só aard is dat vragmotors die sypaadjies aan albei kante begin gebruik en die pad bykans ontoeganklik is vir motoriste met kleiner voertuie.
Met die Hoëvelder se besoek aan Oosstraat is ons vriendelik gegroet deur kontrakteur-werkers en daar is opgemerk dat die pad toegemaak is.
Daar is ‘n alternatiewe pad oop gemaak vir motoriste en trokdrywers om te gebruik, terwyl daar aan die pad gewerk word.
Inwoners van die omgewing kla al ‘n geruime tyd oor die Oosstraat die gevolge wat die toestand van die pad op hulle daaglikse lewe het.
“Ons is dankbaar dat daar ons maande lange gebede verhoor word en dat daar nou die nodige aandag aan die pad gegee word.Ons is al so moedeloos gewees oor die toestand waarin ons elke dag moet leef.” het ‘n inwoner van die omgewing gesê.
Die inwoners verduur die afgelope maande onder ‘n stofwolk wat veroorsaak word deur die duisende trokke wat elke dag van die pad gebruik maak.
Daar is geen straatligte wat werk in die omgewing nie en ook geen waarskuwingstekens om motoriste van die toestand van die pad te waarsku nie.
Motoriste wat tans van die pad gebruik maak word aangeraai om eerder alternatiewe paaie te gebruik.
Die Hoëvelder het navrae by die Msukaligwa Munisipaliteit gedoen oor wat in die pyplyn is vir die pad en wat die tydsduur van die padwerke gaan wees, maar geen terugvoering is teen druktyd ontvang nie.
Lees ook:
https://highvelder.co.za/63582/oostraat-word-n-risiko-vir-motoriste/



