News

Ermelo-pa van drie met kanker gediagnoseer

Swart het verlede jaar erge verkoue opgedoen, waarna die gesin besluit het dat hy moet dokter toe gaan omdat hy nie beter geword het van oor die toonbank medikasie nie.

ERMELO – Jurgens Swart (37), ’n pa van drie pragtige dogters is vroeër vanjaar met Hodgkin’s limfoomkanker gediagnoseer en met geen mediese versekering, sit die gesin met hul hande in hul hare om die ondersoeke en behandeling te kan beskostig.

Volgens sy vrou, Audrey, het hulle weens ander finansieële verpligtinge besluit dat slegs sy en hul drie dogters op die mediese fonds geplaas word.

“My man is regtig iemand wat tot nou toe, nooit siek geword het nie, hy het skaars kopseer gekry en dit het net op daardie stadium vir ons meer sin gemaak dat hy nie op die medies is nie,” het sy hartseer vertel.

Swart het verlede jaar erge verkoue opgedoen, waarna die gesin besluit het dat hy moet dokter toe gaan omdat hy nie beter geword het van oor die toonbank medikasie nie.

Dit is toe bevestig dat hy ’n ernstige longinfeksie en inflamasie onder lede het.

Gedurende die ondersoek het die gesin se dokter ook ’n knop in sy nek opgemerk wat haar bekommer het, en sy het hulle aangeraai om terug te keer vir verdere toetse.

Die uitslae van die toetse het bevestig dat Swart kanker het en na ’n biopsie gedoen is, het hul bevestig dat dit Hodgkin’s limfoomkanker is.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Indien enige persoon die gesin wil help kan hul skenkings maak by die Back a Buddy-rekening, Jurgens se pad na genesing, deur die skakel, https://www.backabuddy.co.za/jurgens-swart te volg of kontak Audrey by 060 994 8119.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button