News

Onwettige brande maak Ermelo-inwoners boos

Enige persoon wat versuim om aan die bepalings van hierdie bywette voldoen, is skuldig aan 'n oortreding.

ERMELO – Rookwolke wat oor die dorp hang, word gereeld gesien, en sommige inwoners het onlangs die kwessie van onwettige brandstigting onder Hoëvelder se aandag gebring.

Op 19 April was daar rookwolke agter Merino Mall, waarna die koerant ondersoek gaan instel het en gesien het dat daar ‘n oop stuk veld tussen twee huise aan die brand was.

Met winter op op hande is meeste erwe bykans toe onder die blare, en verskeie inwoners vind dit die maklikste om daarvan ontslae te raak deur dit aan die brand te steek.

Verskeie brande in oop velde is op 20 April op noodgroepe aangemeld.

Klagtes is ook oor vullisdromme wat aan die brand gesteek word, ontvang, asook die reuk van plastiek en ander rommel, wat die inwoners met ‘n naar kol op die maag gelaat het.

Volgens die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se bywette mag niemand ‘n oop, onbeheerbare of onbewaakte vuur maak of toelaat dat ‘n vuur in sodanige plek en/of op so ‘n wyse gemaak word dat dit ‘n werklike of potensiële bedreiging vir enige mens, dier, gebou, perseel of ander eiendom inhou nie.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button