News

Ermelo-dogter benodig hulp vir oogoperasie

Die gesin beskik nie oor ’n mediese fonds nie, en het ’n trustrekening by Pas Prokereurs geopen vir enige skenkings.

ERMELO – Deidré Ackermann (13) se ma, Esté, het onlangs na die gemeenskap uitgereik vir hulp om haar dogter se oogoperasie moontlik te maak.

Esté sê dat hulle gesien het dat Deidré se linkeroog op 18 maande baie gedra het, en daar was soggens ’n geel afskeiding.

Dit is eers aan die koue toegeskryf, maar op die ouderdom van sowat vier jaar het hulle agtergekom dat daar nog steeds probleme met die oog was.

“Tydens ’n besoek by die oogarts is dit bevestig dat sy ’n lui ogie gehad het, en dat haar brein die oog verwerp. Dit het veroorsaak dat haar regteroog harder moes werk om die funksies van die ander een oor te neem,” het Esté gesê.

Deidré Ackermann (13) benodig hulp vir ’n oogoperasie. Foto | Verskaf

Op dié jong ouderdom het sy ’n bril ontvang, en moes haar ouers haar regteroog daagliks toeplak om die brein en linkeroog te forseer om saam te werk.

Die gesin beskik nie oor ’n mediese fonds nie, en het ’n trustrekening by Pas Prokereurs geopen vir enige skenkings.

Indien enigiemand ’n bydrae kan maak, kan hulle die volgende bankbesonderhede gebruik: Pieter Stoffberg Inc, FNB Ermelo, takkode: 270344, rekeningnommer: 62092150326, verwysing: ACK12/1.

Vir verdere inligting kan Esté ná 17:30 by 078 552 5278 geskakel word.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button