Prism Training Centre for Special Needs geniet Mandeladag op Ermelo
Sy het die dag gebruik om by die mense op die dorp wat die sentrum ondersteun, te gaan kuier, en hulle die geleentheid te bied om die kinders te ontmoet.

ERMELO – Gerda Smuts, eienaar van die Prism Training Centre for Special Needs, en al die kinders van die sentrum het op 18 Julie die bus geneem en by verskeie ondernemings hul dank gaan betoon.
Sy het die dag gebruik om by die mense op die dorp wat die sentrum ondersteun, te gaan kuier, en hulle die geleentheid te bied om die kinders te ontmoet.
By elke onderneming het hulle klein geskenkies uitgedeel, maar dit was die glimlagte op die kinders se gesigte wat die grootste geskenk van die dag was.
Hulle is ook by Ouma Rooi met ‘n pakkie koeksisters en by Jamdrop met ‘n oliebol elk bederf.
Die groep het ook by Tuiskoop foto’s by die pragtige engelvlerke buite die winkel geneem.
“Mandeladag saam met die kinders het my meer geleer as wat ek vir hulle op dié dag kon leer,” het Smuts gesê.