News

Rolstoelgebruiker van Ermelo staan op vir sy regte

Hy sê dat hy die drie insittendes van die Lothair-polisievoertuig genader het om te sê dat die parkering nie vir hulle bedoel is nie, en gevra dat hulle van die gewone parkeerplek moet gebruik maak.

ERMELO – ’n Ontstoke inwoner wat van ’n rolstoel gebruik maak, het Hoëvelder onlangs gekontak nadat polisiebeamptes hom glo uitgelag het toe hy hulle vra waarom hulle in ’n parkeerplek vir gestremdes geparkeer het, aangesien niemand in hul voertuig gestremd was nie.

Hy sê dat hy self nie omgee om van die ander parkeerplekke gebruik te maak nie, maar dat dit dan ‘n risiko is om nie met sy rolstoel in en uit te kan kom, indien die bestuurder langsaan te naby parkeer.

LEES OOK: BRIEF: ‘Die SAP wat eens die trots van die land was, is nou ’n grap’

Hy sê dat hy die drie insittendes van die Lothair-polisievoertuig genader het om te sê dat die parkering nie vir hulle bedoel is nie, en gevra dat hulle van die gewone parkeerplek moet gebruik maak.

Die polisievoertuig maak van die gestremde parkeerarea gebruik, terwyl ’n inwoner wat van ’n rolstoel gebruik maak, glo moes sukkel om uit sy voertuig te klim. Foto | Verskaf

“Die polisielede het my uitgelag en net voortgegaan om die winkelsentrum binne te stap,” sê hy.

Hy is van mening dat dit juis die polisie is wat die wet moet afdwing, en nie te maak soos hulle wil en ander uit te lag nie.

Hoëvelder het navrae aan die Lothair-polisie gestuur, en wag vir terugvoer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button