Errie se Fast 5-netbalspanne skop seisoen goed af
EHS se 0. 17-span het derde in die toernooi geëindig.
Hoërskool Ermelo se Fast 5-netbalspanne het op 26 Augustus aan Hoërskool Middelburg se Fast 5-toernooi deelgeneem.
Die o. 15-Rubies se uitslae is soos volg:
• Klop Ladybirds 9-5
• Verloor teen Eagles 9-11
• Verloor teen Phoenix 5-9
• Klop Angels 10-7
• Klop Dynamite 20-0.

Die o. 17-Eagles behaal die volgende uitslae:
• Klop Hoërskool Middelburg 22-2
• Klop Lydenburg 23-15
• Klop Delmas 12-5
• Klop Hoogenhout 18-2
• Klop Hoërskool Middelburg 11-5
• Klop St Thomas 16-1.

Die span eindig eerste in hulle groep en kwalifiseer vir die halfeindronde, waar hulle teen Lydenburg te staan kom. EHS verloor 11-17.
EHS klop Hoërskool Middelburg met ’n telling van 21-19 en eindig derde in die toernooi.



