Basa Hengelklub skitter by kompetisie by Koos Kruger-dam
Die Basa Hengelklub geniet ‘n suksesvolle dag met groot vangste en gesonde kompetisie by Koos Kruger-dam.
Die Ermelo Basa Sosiale Hengelklub het onlangs hul maandelikse kompetisie by die Koos Kruger-dam tussen Bethal en Trichardt aangebied.
Die hengelaars het die heerlike weer en die pragtige omgewing langs die dam geniet.
Die groep hengelaars het vroegoggend saam na die dam vertrek, waar daar ’n hele paar mooi visse gevang is.
Pieter Vorster het die grootste baber, met ’n gewig van 6,04 kg, gevang.
Die algehele wenner was Gert Viviers met sy wenkarp van 2,67 kg. Lakesh Maharaj was tweede met ’n karp van 2,5 kg en Ollie Howard derde met ’n karp van 2,42 kg. Volgens die klubvoorsitter, Jaco Oosthuizen, het almal die byeenkoms geniet.

Die top 15 hengelaars op die puntestand ná afloop van die kompetisie:
- Howard – 177
- Johan Dekker – 174
- Oosthuizen – 165
- Vorster – 158
- Viviers – 155
- Louis Peens – 141
- Willem Lizamore – 129
- Rynhard Oosthuizen – 123
- Francois Barnard – 119
- Charles Wahlstrand – 114
- Mynhardt Swanepoel – 110
- Willem Lizamore jnr – 108
- Daniel Olivier – 100
- Elsie Fourie – 99
- Gert Brits – 98.
Indien enigiemand by die klub wil aansluit, kan hulle die klubvoorsitter, Oosthuizen by 082 336 6937 skakel, of op Basa se Facebook-blad vir datums en meer inligting oor komende kompetisies gaan kyk.



