Almal welkom by kerk se kersspel
DIE NG Gemeente Birchleigh bied Sondag, 9 November ‘n kersspel, Die Ster van Bethlehem, aan.
Die program sluit onder meer in kersmusiek en ‘n skyfiereeks met asemrowende foto’s vanuit die Hubble-teleskoop.
Die program begin om 7nm en is gratis. ‘n Kollekte sal opgeneem word om kostes te help dek.
Vir enige navrae, skakel die kerkkantoor by 011-391-2498.