Esther-konferensie by Kaleideo
VANJAAR se Ester-konferensie word onder leiding van Kaleideo-kerk in Glen Marais deur ds Elza Meyer op 7 Maart vanaf 10vm tot 5nm aangebied.
Die Ester-konferensie is gestig om vroue te roep en ‘n boodskap oor te dra om jou huwelik te geniet met die Here as jou steunpilaar.
Kaartjies kos R200 wat tee/koffie en middagete insluit.
Vir besprekings, skakel Adri by 082-320-6434.